

Wie is ons
Arbor Fairland Pre-Primêr is ‘n Christelike, Afrikaanse kleuterskool geleë in Fairland, oorkant die gewilde Laerskool Fairland. Arbor het sy ontstaan in 2001 gehad. Ons maak voorsiening vir kleuters vanaf 3 maande tot 6 jaar. Arbor is ‘n familie, ‘n tweede huis vir jul kleuters waar ons harte deel en mekaar lief het. Hier speel ons nie net saam nie, ons leer ook saam. Arbor is ‘n plek waar al die kleuters spesiaal, uniek en IEMAND is. Arbor is die skool waar kleuters kleintyd ontwikkel en groei, hul takkies versprei en uiteindelik saad skiet waarop almal trots is.
Ons bied ‘n halfdag en voldag program aan. Arbor is ook vakansies oop, en bied vakansieskool aan. Al Arbor se personeel is gekwalifiseerde onderwyseresse en almal beskik oor ten minste vier jaar opleiding aan ‘n tersiêre instansie. Assistente in peuterklasse is opgelei in basiese kleutervaardighede en noodhulp.
Kom kuier by ons
Daar is ‘n groot speelterrein met pragtige skadubome, groentetuin, fietsiebaan, pophuis, sandput en grasperk.
Daagliks word daar ‘n verskeidenheid sand-, water- en wielspeelgoed sowel as houtwerk gedoen onder toesig van personeel.
Daar is geleentheid vir balspeletjies, pophuis, tentedorp, kasteel en fantasiespel.
Apparate van hoogstaande gehalte sowel as ‘n boomhuis bied geleentheid vir klim, klouter, gly en swaai.

Kom kuier by ons

Daar is ‘n groot speelterrein met pragtige skadubome, groentetuin, fietsiebaan, pophuis, sandput en grasperk.
Daagliks word daar ‘n verskeidenheid sand-, water- en wielspeelgoed sowel as houtwerk gedoen onder toesig van personeel.
Daar is geleentheid vir balspeletjies, pophuis, tentedorp, kasteel en fantasiespel.
Apparate van hoogstaande gehalte sowel as ‘n boomhuis bied geleentheid vir klim, klouter, gly en swaai.
Ons bied die volgende aan u kleuter

- Klein klassies en kwaliteit onderrig
- Christelike karakter bou
- Deeglike en gereëlde evaluering
- Gekwalifiseerde onderwyseresse en opgeleide assistente
- Jaarlikse visuele- en gehoorsifting
- Gestruktureerde dagprogram
- Veilige speelgrond met speel-apparate
- Oggendbroodjie, vrug, sap/tee/warm sjokolade en ‘n gebalanseerde warm middagete (spyskaart opgestel deur ‘n dieetkundige)
- Modderspel, Waterspel en Tuinbou
- Handwerk en Houtwerk
- Poppekas en Bak-en-Brou
- Kwartaalikse instappies en pretdae
- Spesiale dae (Moedersdag, Vadersdag, Ouma-en-Oupadag)
- Jaarlikse konsert en Kersspel
- Musiek (Op Maandae en Dinsdae woon elke klas in die skool ‘n musiekles by en dit is ingesluit by die skoolfooie
- Playball (ingesluit by Die Nessie en Bonsaiklas se skoolfooie)
- Kwanda Fun – PRET program om weeklikse neuro-sensories-motoriese klasse aan te beid aan al ons kinders.

’n Kweekhuis, my kind. Dis wat Ek vir
jou wil wees. ’n Veilige vesting waar jy werklik
gekoester kan word.
Waar jy self kan leer om ander te koester.
En die wilde, ongelooflike wêreld om jou.